
JOU ONDERSTEUNING MAAK ‘N VERSKIL.
Baie mense dink die bietjie wat hulle kan gee, is te min om die moeite werd te wees. Maar dis nie waar nie! Elke bydrae, ongeag hoe groot of klein dit is, is ‘n bydrae wat hierdie bediening ondersteun en help om uit te reik na ander.
‘n Skeppie Vreugde val onder die sambreel van Luister As God Fluister Internetbediening, ‘n geregistreerde Nie-winsgewende Organisasie ((PTY) LTD 2007/025833/08).
Die werk wat ons in hierdie bediening doen, is ‘n groot taak wat die Here ons opgelê het. Daarom waardeer ons elke persoon wat die besluit neem om ons te ondersteun. Of jy dit nou doen deur gebed, deur ‘n eenmalige geldelike bydrae of ‘n maandelikse bydrae soos God voorsien, weet dat ons dit geweldig waardeer.
Ondersteuning kan op die volgende maniere gebied word:
GEBED.
Jy kan die Bediening ondersteun deur te bid vir almal wat deel is daarvan. Bid vir diegene agter die skerms asook vir almal wat deur die Bediening bereik word.
Ons onderneem weer om op ons beurt te bid vir almal wat die Bediening op die verskillende platforms bereik.
FINANSIëLE ONDERSTEUNING.
Jy kan die Bediening ook finansieel ondersteun. Vra die Here om jou te wys wat jou bydrae moet wees en hoe jy dit moet gee – eenmalig of maandeliks.
Bydraes kan by die volgende rekening inbetaal word:
Rekeningnaam: Luister as God fluister
Bank: Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62162108338
Takkode: 250655 (FNB se nasionale kode)
Indien jy sukkel, probeer dan die tak se naam – Heidelberg Mall
Dis ‘n tjekrekening
