Die lewe is nie altyd maklik nie, maar dis moontlik om elke dag vreugde te vind in God se Woord en sommer ook in die alledaagse lewe.
Hier by ‘n Skeppie Vreugde is daar drie maniere hoe ons jou help om daardie vreugde te vind.
Die Gebedsaksie, of sommer G-aksie vir kort, is ‘n e-pos wat ons elke weeksdag uitstuur. Dis ideaal as jy ‘n tydjie in God se Woord wil spandeer en ook vir nader mense se behoeftes bid.
Die Doudruppel is nog ‘n e-pos wat elke weeksdag uitgestuur word. Dit bevat ‘n Bybelvers, ‘n wysheid en ‘n wenk vir die dag.
Die Geselsbrief word een keer ‘n week uitgestuur. Dis propvol interessante stories, resepte, wyshede en ook ‘n oordenking om jou oë op God gevestig te hou.
